Header small


If you wish to register your vehicle for the 2019 George Old Car Show
please click on the button below.  Please note that the cut-off date for
vehicles is 1975. Vehicles manufactured from 1976 onwards will be
reviewed by the SCOCC Committee before approval. If you feel that
your vehicle should be allowed or you are a member of a motor club,
please send your contact and vehicle details to admin@scocc.co.za

register now


Potential stall holders wishing to exhibit at the 2019 George Old Car Show please click on the button for more information.
more info

Marilyn Houseman se 1946 MG TC

Die spesiale uitstalling by die 22ste George Oumotorskou, trots ondersteun deur Oakhurst Versekeringsmaatskappy, fokus op voertuie wat in Britanje vervaardig is.

Ongeveer 40 Brits-vervaardigde motors gaan uitgestal word en Marilyn Houseman van George se 1946 MG TC, wat sy self restoureer het, is een van hulle.

Marilyn se man Dennis is ‘n kranige versamelaar en restoureerder van ou motors. Marilyn het besluit sy kan ook ‘n voertuig restoureer, en het haar 1946 MG TC feitlik eiehandig restoureer.

Die egpaar het die voertuig in Knysna gekoop en sy het besluit sy is opgewasse vir die taak om dit te restoureer. Die voertuig was in ‘n swak toestand: die enjin het nie geloop nie en daar is aan die oorspronklike voertuig verander. Marilyn het die voertuig tot op die onderstel gestroop en elke deel oorgedoen. Onderdele, die seildak en -oortreksel is uit Britanje ingevoer.

  • Japie Beyers and Daniel Dros
  • MG
  • Marilyn Houseman

Dennis het die verfwerk gedoen en die enjin is oorgedoen voordat Marilyn die voertuig weer aanmekaar gesit het soos wat dit oorspronklik was.

Volgens Marilyn is die motor net na afloop van die Tweede Wêreldoorlog in Maart 1946 met oorskot weermagmateriaal vervaardig. “Dit is waarom die enjin en brandskot (firewall) oorlogskip-grys is; later modelle se enjins was rooi, terwyl die brandskot die kleur van die bakwerk was. Die gereedskapskis is uitgevoer met wit vilt wat gedurende die oorlog deur die Rooikruis gebruik is.”

Sy is nederig oor haar restourasiewerk, wat bykans twee jaar geduur het om te voltooi. “Ek was net in staat daartoe om die taak aan te pak omdat ek geweet het Dennis sal help wanneer ek vashaak.”

Sy is gaande oor die voertuig wat sy eiehandig restoureer het. “Ek het nog altyd van die MG TC se lyne gehou – ek beskou dit as ‘n klassieke vorm.”

Sy geniet die George Oumotorskou baie. “Ons het al baie wonderlike mense ontmoet sedert ons by die Suid-Kaap Oumotorklub aangesluit het en by die skou betrokke geraak het. Tydens die skou kan ons weer saam met ou vriende kuier en nuwes ontmoet. Die kameraderie onder die mense wat ‘n belangstelling deel is wonderlik.”

Die egpaar gaan vier voertuie tydens die skou uitstal, en die MG TC sal beslis een van hulle wees.

Die 2018 George Oumotorskou word by PW Botha Kollege aangebied. Spesiale naweek- en dagtoegangskaartjies kan aanlyn gekoop word by https://www.quicket.co.za/events/37471-2018-george-old-car-show-proudly-driven-by-oakhurst-insurance/#/

Voertuie wat voor 1975 vervaardig is moet geregistreer word indien die eienaars dit wil uitstal. Kontak Klaus Oellrich by 076 764 0897 vir meer inligting, of registreer op die webblad www.scocc.co.za