2015 Liquorland Erfenis Toer
Die Erfenistoer vind elke jaar plaas oor erfenis naweek. Hierdie jaar was die vierde toer en die derde jaar wat Liquorland betrokke was en daarom is dit ook gepas dat dit bekend staan as Die Liquorland Erfenistoer. Ons probeer om elke jaar n nuwe roete te doen, en gewoonlik deur verskillende interesante klein geskiedkundige dorpies. Deur hul onbaatsugtige verbintenis en bystand help hulle ons ook om ons motors te gebruik en die nostalgie daarvan aan die jonger geslag oor te dra, waar beter om dit te doen as oor erfenis naweek. Die uiters suksesvolle toer is baie gewild onder die publiek sowel as ons klublede. Inskrywings word van alle uithoeke van ons land elke jaar ontvang.
Deur middel van die instansies se betrokkenheid stel dit die toer komitee en die Suid Kaap Oumotorklub ook in staat om n skenking aan n liefdadigheids organisasie te doen.
We are extremely fortunate and grateful to have had a number of sponsors over the past years with Liquorland as our titlesponsor. Without these companies’ very welcome sponsorships, this terrific event just would not have been possible.
The SCOCC would like to acknowledge these sponsors and to take this opportunity to thank them profusely for their constant support.
Deur:- Pierre Olivier
Donderdag 24 September 2015 het aangebreek en 21 Oumotors tree aan by Liquorcity Liquorland op die onderpunt van Yorkstraat vir die derde Liquorland Erfenistoer. Die Wimpy borg Koffie, die bestuurders kry hul finale instruksies en Perfect water sorg dat elke deelnemer n bottle water kry om saam te neem.
Toeskouers het die motors kom besigtig en oral kon jy die opgewondenheid van die mense ervaar. Dankie ook aan ons klublede wat nie deelgeneem het nie, maar ons kom afsien en voorspoed toewens het.
So vat ons die Outeniqua pas en die Plymouth begin rook asof hy in n tabak advertensie is maar sy geite word gou opgelos en is hy reg vir die res van die toer. Net toe alles weer klopdisselboom gaan begin die Packard stoom en sy geite het maar voortgegaan die hele toer deur. Die blou Chev was n ander storie sy voorwiel laer het opgepak en daar staan hy ook langs die pad. Op Uitenhage is hy reg gemaak en toe was al die foute opgelos. Een ding is seker die Chev se kattebak werk goed want as hy stop gaan die kattebat vanself oop, ek het nog nie agtergekom waarom nie.
Op dag twee het ons die auto pavilion by VWSA besoek waar n klein maar pragtige uitstalling nie net ou modelle vertoon nie maar ook hoogtepunte van VW motorsport . Dag drie neem ons Steytlerville toe en hier besoek ons Jurie Prinsloo se motormuseun met n paar goed versorgde motors waarvan die een wat uitgestaan het n Ford GT 40 was.
Ons sluit altyd ons toer met n gala ete af en hierdie jaar was nie afgewyk van die gewone nie. Die groot verassing van die aand was Marlise Steenekamp wat vir ons haar talent kom wys het hoe spaanse danse gedoen moet word. Ek was stomgeslaan en al wat ek kan se is Pragtig, baie dankie Marlise. Vier motors van die toer pryse is deur omstanders gekies. Ten spyte van Louis se Packard en Mike se Plymouth se probleme is die motors saam met Roy se Chev deur omstanders gekies as motors van die toer. Philip en Amanda Rosser se Model T het die prys vir oudtste motor op die toer ontvang.
Wat my die nederigste maak is die feit dat die toergangers hul beursies oopgemaak het vir liefdadigheid en het ons n goeie bedrag vir twee instansies kon invorder. Ek se altyd dat die toergangers n toer maak maar met hierdie gebaar het julle meer as dit gedoen BAIE DANKIE.
Ten einde laaste wil ek vir Sydney en Daphne wat die besemwa met hul bakkie beman het baie dankie se vir al die geduld wat hulle aan die dag gele het. Ek glo dat ons hom in die vervolg met sy oumotor op die toer sal sien.
Die instansies wat die SKOMK bygestaan het, hul advertensies is in die boek, ondersteun hulle asseblief.
click here to view the photo gallery for this event